Tuesday, April 22, 2014

Jesus Christ my hero - Lizelle Putter

Please see this video. A speech made by Lizelle Putter about her all time hero in history.


I am proud of you!!

Sunday, April 13, 2014

My gees is verward.

Lees vanoggend weer Job. Die boek om na te gaan wanneer jy moeg en moedeloos voel! Job moes soveel hartseer en verwerping deurgaan het en kon daarom so mooi verduidelik oor hoe die mens voel in sulke onstandighede.
 
Job 17:1  My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

 
Het weer nou die dag by die werk ‘n gesprek met kollegas gehad of God werklik is of nie. Dit is verbasend om te hoor oor hoe mense voel oor God, sy bestaan en sy karakter. In die vuur van die gesprek maak ek toe ‘n stelling wat ek weet nie teologies is nie maar wat vir my sin maak. Ek weet daar bestaan ‘n God vir baie van my eie redes, hoe ek opgebring is en hoe ek geleer is. Ek twyfel nie een oomblik aan die bestaan van ‘n Almagtige God wat in beheer is oor alles nie.

 
My stelling aan my vriende: “as daar nie ‘n God is nie wat sal my verwagtinge wees van die toekoms, na wat sal ek kan uitsien? Vir wat lewe ek dan? As my grootste hoop ‘n graf is – hoe kan ek uitsien na die dag van more. Al sal daar ook geen bewyse wees vir die bestaan van ‘n God nie (en daar is baie) sal my hart steeds wil glo in iets beters – na ‘n hiernamaals ‘n plek wat beter is om te gaan.

Job 17:3  Gee tog ‘n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

 Ek dank God vir die versoening werk wat daar is in Jesus! Ek lewe met ‘n toekoms en ‘n hoop!