Het weer nou die dag by die werk ‘n gesprek
met kollegas gehad of God werklik is of nie. Dit is verbasend om te hoor oor
hoe mense voel oor God, sy bestaan en sy karakter. In die vuur van die gesprek
maak ek toe ‘n stelling wat ek weet nie teologies is nie maar wat vir my sin
maak. Ek weet daar bestaan ‘n God vir baie van my eie redes, hoe ek opgebring
is en hoe ek geleer is. Ek twyfel nie een oomblik aan die bestaan van ‘n
Almagtige God wat in beheer is oor alles nie.
My stelling aan my vriende: “as daar nie ‘n
God is nie wat sal my verwagtinge wees van die toekoms, na wat sal ek kan
uitsien? Vir wat lewe ek dan? As my grootste hoop ‘n graf is – hoe kan ek
uitsien na die dag van more. Al sal daar ook geen bewyse wees vir die bestaan
van ‘n God nie (en daar is baie) sal my hart steeds wil glo in iets beters – na
‘n hiernamaals ‘n plek wat beter is om te gaan.
Job 17:3 Gee tog ‘n pand, staan borg vir my by U; wie
anders sal vir my borgskap verleen?
No comments:
Post a Comment